Tuesday, November 2, 2010

Vrees, Waagmoed, Trots..... Die Geskiedenis van Masada


Die Masada Plato lê aan die ooste kant van die Judeaanse woestyn en kyk uit oor die Dooie See, tussen En Gedi en Sodom.  Die plato lê ongeveer 450 m bo die Dooie See, is omtrent 650 m lank en 300 m wyd.  Die feit dat hierdie berg so geisoleerd staan was ‘n groot voordeel toe dit as ‘n fort ingespan is tydens die Tweede Tempel periode.
Die merkwaardige storie van Masada is deur Josephus Flavius, die eerste-eeuse historikus en destydse kommandeer van Galilea, aangeteken. Volgens hom is die eerste fort op Masada gebou deur Jonathan die Hoë Priester. In 37 – 4 BC, het Herodus baie bewus geword van die strategiese voordele wat Masada inhou.  Hy het besluit om hierdie gebied te gebruik as ‘n skuiling teen sy vyande, en het ‘n paleis gebou waarheen sy familie kon gaan gedurende die winter maande. Benewens die paleis het hy ook verskeie groot stoorkamers en opgaartenks hier gebou - wat later as behoud vir 'n paar vlugteling Joodse families sou dien. Na die dood van Herodus in 4 BC, het die Romeine Judea oorgeneem, Masada beset en 'n garnisoen daar gevestig.
In 66 n.C gedurende die Groot Revolusie tussen die Jode en die Romeine, het die Sicarii – ‘n groep Joodse families - die Romeinse gealieerdes op Masada oorval en die berg oorgeneem. Die Sicarii leier, Menahem, was die seun van Juda die Galileër, wat vermoor is in Jerusalem. Na dié moord, het Eleazar Ben Yair uit Jerusalem gevlug na Masada, en die kommandeer van die rebelle geword.  Die laaste van die rebelle het na Masada gevlug in 70 n.C nadat Jerusalem verwoes is. Vir bykans twee jaar het die families bo op hierdie asemrowende plato gewoon en dit hul tuiste gemaak, maar gevaar was op die horison en hulle moes 'n plan maak om hul gesinne teen onvermydelike slawerny te beskerm.

Masada was een van die laaste plekke waar die rebelle nog mag gehad het.  In 73 n.C het die Romeine toegeslaan om die berg stadig, maar seker weer oor te neem.  Die Romeinse legioen het uit 8 000 troepe bestaan. Hulle het agt basise gebou aan die voet van die berg.  Die plan was om 'n helling van onder af teen die berg op te bou met hout pilare wat dan met grond opgevul word. Vir etlike maande het die Joodse gesinne dag vir dag gesien hoe die Romeine nader kom. Hulle het intussen van binne af nog ‘n muur opgerig van sand en hout om as beskerming te dien, maar met die inval het die Romeine dit eenvoudig net aan die brand gesteek. Die verhaal lui dat toe alle hoop op oorlewing begin verkrummel, Eleazar Ben Yair sy mede Jode toegespreek het met 'n ondenkbare voorstel: Dit sou beter wees om te sterf as om vir die res van hul lewens as Romeinse slawe dear te bring. Hul sou hul eie lewens, en die lewens van hul families neem - Elke Vader verantwoordelik vir sy gesin.  Hier volg een van die uittreksels van Eleazar Ben-Yair se toesprake:
“Since we, long ago, my generous friends, resolved never to be servants to the Romans, nor to any other than to God Himself, who alone is the true and just Lord of mankind, the time is now come that obliges us to make that resolution true in practice.  And let us not at this time bring a reproach upon ourselves for self-contradiction, while we formerly would not undergo slavery, though it were then without danger, but must now, together with slavery, choose such punishments also as are intolerable; I mean this, upon the supposition that the Romans once reduce us under their power while we are alive.  We were the very first that revolted from them, and we are the last that fight against them; and I cannot but esteem it as a favor that God hath granted us, that it is still an eligible thing to die after a glorious manner, together with out dearest friends…
Let our wives die before they are abused, and our children before they have tasted slavery; and after we have slain them, let us bestow that glorious benefit upon one another mutually and preserve ourselves in freedom as an excellent funeral monument for us.  But first let us destroy our money and the fortress by fire; for I am well assured that this will be a bitter blow to the Romans, that they shall not be able to seize upon our bodies, and shall fail to our wealth also:  and let us spare nothing but our provisions; for they will be a testimonial when we are dead that we are not subdued for want of necessaries; but that, according to our original resolution, we have preferred death before slavery.”
Kom kyk saam met ons na die Historiese Monument Masada. Ervaar die verhaal eerstehands en beleef iets van die brawe Jode wat God Sy Volk noem!