Friday, February 25, 2011

Een Here, Twee grafte


In Jerusalem is daar 2 grafte wat onderskeidelik deur die Protestante en Rooms-Katolieke bewegings as Jesus se graf beskou word. Vir Christene van alle dinominasies verteenwoordig DIE GRAF, die mees belangrikste gebeurtenis in ons geloof nl. Jesus se opstanding uit die dood. 

Die tuingraf word deur Protestantse Christene onderhou en algemeen as die graf van Jesus beskou. Hierdie area is eers sowat 100 jaar gelede ontdek . Die Heilige graf of “Holy Sepulcher” beskik onder andere oor die laaste 4 stasies van die Via Dolorosa roete. Die eerste kerk is reeds  in die jaar 326 nC deur Konstantyn I op hierdie area gebou – toe reeds beskou as Jesus se graf. Sedertdien is dit vele male herbou en vandag oorvol en oordoen. Een van die hoof redes hoekom veral Protestantse Christene nie tuis voel hier nie.

Maar waar gaan ons in ons pelgrimstog as ons Jesus se opstandingsplek wil besoek en herdenk?
Die Tuingraf het ‘n ongekende kalm atmosfeer  en soos die naam beskryf, word dit omring deur pragtige tuine. Dit word onderhou deur Protestantse vrywilligers van Brittanje. Naby die tuin is ‘n koppie wat duidelik soos ‘n skedel lyk. Een van die hoof motiverings dat hierdie moontlik Golgota is.

Een argument teen die Tuingraf is dat die graf te oud is. Argeologiese opgrawings het bevind dat die graf heelwat ouer as 2000 jaar is – moontlik selfs dateer sowat 6000 jr. vC. en dus nie strook met die  Evangelies wat die graf van Josef van Arimathéa as ‘n “nuwe graf” beskryf nie. Nog ‘n argument teen die tuingraf is dat die Britse generaal  Charles Gordon foutiewelik die are identifiseer het omdat hy gedink het die Heilige Graf is binne die stadsmure en die Bybel beskryf die area as buite die stadsmure. Die huidige stadsmure is nie die oorspronklike mure soos in Jesus se tyd nie. 

Die beste is om beide hierdie plekke te besoek en self ‘n opinie daaroor te vorm. Op Woensdag 18 Mei gaan almal wat saam toer hierdie geleentheid kry!